Musiek

  • Charl & Leachen Kuffner

    Charl & Leachen Kuffner charl.kuffner@gmail.com leachenf@gmail.com

  • Philip & Marsanne Malan

    Philip & Marsanne Malan phimal@bridgehouse.org.za marmal@bridgehouse.org.za

  • 1

Nuwe Lewe Tygerberg se musiekbediening is bevoorreg om 'n besonderse groep begaafde musikante te hê. Philip en Marsanne het op Stellenbosch ontmoet waar hulle altwee Musiek studeer het. In die tyd het hulle hul harte vir Here gegee en deel geword van die studentebediening by hul plaaslike kerk. Hulle is in 2010 getroud en het in 2012 by Nuwe Lewe Tygerberg aangesluit na hulle na ‘n nuwe dorp verhuis het. Philip en Marsanne is beide tans musiekonderwysers vir ‘n lewe en verwag hul eersteling vroeg in 2016.

Charl is vanaf 2005 betrokke by lof en aanbidding by verskeie gemeentes (as klankingenieur en kitaarspeler). Leachen (wat sing en klavier speel) het in 2009 aangesluit by Nuwe Lewe se Lof- en aanbiddingsbediening waar hulle mekaar ontmoet het. In 2011 het hulle getrou en het 'n seuntjie, Benjamin, in 2014 gekry.

Meer as om net musiek te maak deel elkeen die passie om Jesus se naam groot te maak en om in Sy teenwoordigheid tyd te spandeer. Die voorreg om ander mense hierin te begelei is 'n groot eer en voorreg. Die musiekgroep kom elke Donderdagaand bymekaar en oefen saam vir Sondag se erediens. Ons leer nuwe liedere elke kwartaal en bly so op hoogte van die nuutste musiek. Ons moedig ook ons musikante aan om hulle eie liedere te skryf. Indien jy deel wil raak van hierdie bediening maak gerus met ons kontak.

 



Tieners

  • Wouter Swart

    Wouter Swart wouterswart@nish.co.za

    Nuwe Lewe Tygerberg se tieners skakel in by NISH wat 'n tienerbediening is in Welgemoed en Bellville area.

    Hulle kom Sondae tydens die erediens bymekaar en daar is oor selgroepe wat in die week byeenkom waarby hulle kan inskakel.

    Dit is vir ons van groot belang om ons tieners van jongs af te leer wat dit beteken om 'n dissipel van Jesus te wees terwyl hulle met ander tieners rondom die Woord kuier.

  • 1

 



Kinders

  • Adelle Vivier

    Adelle Vivier adelle.vivier@yahoo.com

    Ek is oorspronlik van Benoni. Ek en my wonderlike man, Marc, woon in Durbanville. Ek is lief vir mense en is 'n groooot bok vir enige sports. Ek strewe daarna om 24/7 'n dissipel van Jesus te wees en Sy naam uit te leef waarokal ek gaan.

    Ek is ‘n laerskoolonderwyseres in Bloubergstrand en is regtig mal daaroor om met kinders van alle ouderdomme te werk. Hul opregtheid en eerlikheid, gewilligheid om te leer, hul kreatiwiteit en spontaniteit, dinge te sien vanuit hul perspektief en om by hulle te leer, is alles aspekte wat my hart laat brand met passie vir hulle. Nie net is dit vir my belangrik om kinders elke dag op 'n intellektuele vlak te stimuleer nie, maar ook om hulle op 'n geestelike vlak te ontwikkel. En daarom is ek baie bevoorreg om deel te wees van die kinderbedieningspan by Nuwe Lewe Tygerberg. My droom by Nuwe Lewe is om 'n brandende begeerte te kweek by elke kind op sy/haar vlak om elke week meer oor Jesus te WIL leer. Om vir hulle te wys en te leer hoe om elke dag in verhouding met Hom te stap en hulle aan te wakker om Sy hande en voete te wees waarokal hulle gaan...

    Ons het so 'n groot verantwoordelikheid as grootmense om vir kinders 'n goeie voorbeeld te stel en hulle te wys hoe om 'n ware dissipel van Jesus te wees. Alles wat hulle as kind leer, vorm die basis van hul verhouding met Hom wanneer hulle ouer is. As jy gelei voel om deel te word van ons span en jou bediening te ontwikkel, kontak my asb gerus.

  • 1

 



Uitreike

  • Philip Malan

    Philip Malan philipmalanmusic@gmail.com

    Vir Nuwe Lewe is dit belangrik om betrokke te wees by sending asook die plaaslike gemeentskap. Plaaslik is ons betrokke in Delft asook Wallacedene. Die gemeente doen evangelisasie uitreike na Delft en het kosprojekte waarby ons maandeliks betrokke is. Die jeug in Delft word ook weekliks by Hindle High Skool bedien deur die Bloubus Bediening. Onderleiding van Izanette van Schalkwyk word die evangelie gebruik om die gemeentskap op te hef en toe te rus.

    Lukas 10:2
    Hy sê toe vir hulle: Die oes is wel groot, maar die arbeiders min. Bid dan die Here van die oes dat Hy arbeiders in sy oes uitstuur.

    084-506 3243
  • 1

 



Sending

  • Chris Liebenberg

    Chris Liebenberg chris@dsliebenberg.co.za

    Nuwe Lewe glo dat die goeie nuus van die Koninkryk van God vir elke taal en nasie bedoel is en dat Jesus se liefde geen grense het nie.Nuwe Lewe Tygerberg het die afgelope jare met verskeie mense in aanraking gekom wat as sendelinge in ander lande die evangelie versprei.Van die mense wat ons ondersteun kom uit ons eie gemeente.Tans ondersteun ons sendelinge in Afrika, Spanje en ook die Midde Ooste.

    Matteus 28:19
    Gaan dan heen, maak dissipels van al die nasies, en doop hulle in die Naam van die Vader en die Seun en die Heilige Gees; en leer hulle om alles te onderhou wat Ek julle beveel het.

    082-871 6788
  • 1