DRIE-ENIGE GOD
- Ons glo dat die BYBEL U WOORD is wat geskryf is deur mense , maar geinspireer is deur die Heilige Gees.
ALMAGTIGE VADER
- Ons glo dat U die skepper is van hemel en aarde en dat U alles onderhou.
JESUS CHRISTUS
- Ons glo dat U ontvang is van die Heilige Gees en gebore is uit die maagd Maria.
- Ons glo dat U aan die kruis tot vergewing van ons sondes gely en gesterf het.
- Ons glo dat U opgestaan het uit die graf en dat U daardeur die dood ook vir ons oorwin het.
- Ons glo dat U die Bose en die sonde oorwin het en dat ons ook as oorwinnaars kan leef.
- Ons glo dat U nou vir ons intree by die Vader.
- Ons glo dat U vandag nog wonderwerke doen.
- Ons glo dat U ons met U Gees wil doop en wil vul.
- Ons glo dat U weer gaan kom om die ongelowige te oordeel , maar om aan ons wat in U glo die ewige lewe te laat beërwe.
HEILIGE GEES
- Ons glo dat U gestuur is deur die Vader om in ons te kom woon.
- Ons glo in U as ons Trooster en die EEN wat ons in die Waarheid wil lei.
- Ons glo ook dat U ons lewens wil beheers en wil vul.
- Ons glo dat U aan ons gawes gee om daarmee die kerk op te bou, te stig en te troos.
- Ons glo dat U vrug in ons lewens moet sigbaar wees.
DIE KERK
- Jesus Christus, ons glo dat U die hoof is van U kerk.
- Ons glo dat ons wat in U, Here Jesus, as ons Verlosser glo tot die kerk behoort.
- Ons glo dat U die Kerk uitstuur om U Koninkryk te verkondig en dit te demonstreer.
- Ons glo dat die amp van ouderling daar gestel is om die gemeentes geestelik te begelei.
- Ons glo in die vyfvoudigebediening wat deur Christus gegee is ter toerusting van die liggaam vir diens en die opbou daarvan.
EREDIENS
- Ons glo dat U ons beveel om onderling byeen te kom om U te loof en te aanbid.
- Ons glo in die funksionering van die Gees se gawes en dat ons geroep word om mekaar daarmee te bedien.
DOOP
- Ons glo dat U die bekeringsdoop gegee het as bewys van die afwassing van sondes; die sterwe van die ou mens en die opstaan van die nuwe mens.
VERBONDSMAAL / WYN EN BROOD
- Ons glo dat U die Verbondsmaal ingestel het as herinnering aan U kruisdood en tot vergewing van sondes.
- Ons glo dat U teenwoordig is wanneer die Verbondsmaal gebruik word.
- Ons glo dat U kragtig in ons werk wanneer ons die Verbondsmaal gebruik.
HUWELIK
- Ons glo dat U die huwelik ingestel het tussen een man en een vrou en dat die verhouding tussen Christus en Sy kerk as voorbeeld vir die huwelik dien.
BESITTINGS
- Ons erken U as die Gewer van alles wat ons besit en dat ons geroep word om U daardeur te vereer.