Pastore
-
Hansa Underhay
Hoof Uitvoerende PastoorEk het groot geword op 'n plaas en het van jongs af die Here se teenwoordigheid beleef. Toe ek 16 jaar oud was, het ek 'n radikale ommekeer in my lewe gehad na 'n ontmoeting met Jesus waar Hy my geroep het tot die bediening. Ek het direk na skool in bediening ingegaan en deel geword van 'n musiekskool wat by kerke en skole reg oor Suid-Afrika asook oorsee bedien het. In daardie tyd het ek ook teologie studeer by Global University. Ek het vir 3 jaar by Stellenbosch Gemeente gewerk en daarna ook vir 3 jaar by Stellenberg gemeente waar ek die musiek - en jongwerkende bediening behartig het. In 2007 het ek by Familia Christi in Welgemoed aangesluit as jeugpastoor en is sedert 2010 pastoor by Nuwe Lewe Tygerberg. Ek het my vrou, Marika in 2006 ontmoet en ons is in 2007 getroud. Die Here het ons met twee seuntjies geseën, Hansa jnr en Josua. Ons het 'n passie om die Koninkryk van God te sien kom en om dissipels van Jesus te maak.
082-670 1284
- 1
Ouderlinge
Nuwe Lewe Groep Leiers